Verdeling van onderwys kos R150m

2010-10-14 06:33
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die verdeling van die nasionale departement van onderwys in een vir basiese en een vir hoër onderwys het die belastingbetaler sowat R150 miljoen gekos.

Dit is Woensdag onthul toe die departement terugvoering aan die parlement moes gee oor sy jaarverslag vir die boekjaar 2009-’10.

Prof. Mary Metcalfe, direkteur-generaal van hoër onderwys, wat die bespreking oor hoër onderwys behartig het, het erken dat dié verdeling ’n negatiewe uitwerking op dienslewering gehad het en dat daar tans – veral by hoër onderwys – ernstige personeeltekorte is.

“Daar is te min hulpbronne. Ons finansiële afdeling het byvoorbeeld slegs 12 personeellede.”

Andricus van der Westhuizen, DA-LP vir hoër onderwys, wou in vraetyd weet waarom poste dan nie gevul word as daar soveel vakatures is nie.

Volgens Theuns Tredoux, finansiële hoof van die departement van hoër onderwys, het die tesourie ten tyde van die verdeling van departemente nie geld beskikbaar gestel om vakatures te vul nie.

“Dié poste sal eers die komende naweek geadverteer word omdat ons wou seker maak daar is wel geld daarvoor beskikbaar.”

Ofskoon die departement van onderwys ’n skoon ouditmening vir die huidige boekjaar ontvang het, het LP’s Woensdag hul kommer uitgespreek oor die departement se groot agterstand met infrastruktuurprojekte.

Nagenoeg R5,5 miljard is die afgelope boekjaar vir infrastruktuurprojekte bewillig en nogtans sukkel die departement om vordering te maak met die oprig van klaskamers by plattelandse skole en in informele woongebiede.

- Die Burger

Lees meer oor: onderwys

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Cele is skuldig aan korrupsie en bedrog maar bly steeds meer as welkom in die ANC.........lyk my die leiers in die ANC het geen integriteit nie. Dis jammer Suid-Afrika word deur sulkes regeer........op watter gronde moet ons onderdanig wees en respek hê. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.