Verdediging 'nie gereed' vir boeremag-slotrede
2011-05-23 18:20
Johannesburg - Die sogenaamde Boeremag-verhoor is weer Maandag in die hooggeregshof in Pretoria uitgestel, het die SABC berig.
Die verhoor is uitgestel omdat die verdediging, wat Maandag met die slotrede moes begin, aangedui het dat hulle nie gereed is nie.
Altesaam 20 beweerde Boeremag-lede staan tereg op meer as 40 aanklagte wat verband hou met 'n regse plan om die regering omver te werp.
Die verhoor, wat al agt jaar voortduur, sal weer op Woensdag hervat word.
- Volg Nuus24 op Twitter.