Verdagtes mag nou 'Facebook' in tronk

2011-12-23 07:35
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Vier vermeende Boeremaglede gesels nou vanuit die Pretoriase Lokale Gevangenis met hul families op Facebook ná ’n hofbevel wat hulle magtig om ’n 3G-modem in hul selle aan te hou en daarmee toegang tot die internet te kry.

Dr. Johan Pretorius, sy jongste broer, Wilhelm Pretorius, en twee van hul medebeskuldigdes, Adriaan van Wyk en André du Toit, het dié aansoek in die Pretoriase hooggeregshof teen die departement van korrektiewe dienste (DKD) en sy minister gebring.

Waarnemende regter Louis Vorster het in sy uitspraak gesê die aansoek is ’n regsgeskil oor die interpretasie van art. 46 van die Wet op Korrektiewe Dienste van 1998 en die maatreëls wat getref word om die gedrag en voorregte van gevangenes te beheer.

Daarvolgens mag gevangenes slegs persoonlike rekenaars gebruik vir studiedoeleindes mits dit nie die goeie orde, veiligheid en sekuriteit in die gevangenis benadeel nie. Volgens Vorster is dié vermeende Boeremaglede nie veroordeelde gevangenes nie, maar word hulle verhoorafwagtend aangehou nadat borgtog vroeër herhaaldelik aan hulle geweier is.

Die uitgangspunt is dat ’n verhoorafwagtende gevangene, sover prakties moontlik en solank dit nie die goeie orde en veiligheid van die gevangenis raak nie, geregtig is op al die regte wat hy buite die gevangenis sou kon uitoefen.

“Die standpunt is nie nuut nie. Dit is reeds so lank gelede as 1912 beslis,” het Vorster bevind.

Vorster het gesê die DKD se weiering om die vier mans toe te laat om ’n modem te gebruik, is verkeerd en berus op ’n slaafse navolging van ’n beleidstandpunt sonder om die beperking van hul basiese regte in ag te neem.

Hy het die vier mans belet om dié geriewe aan enige ander persoon vir gebruik beskikbaar te stel.

Vorster het ook gelas dat hulle hul aantekenbesonderhede en wagwoorde aan die DKD moet verskaf sodat hul kontak met die buitewêreld gemonitor kan word.

Die DKD moet die koste van die mans se aansoek betaal.

Die mans staan saam met nog 16 mans tereg op aanklagte van onder meer hoogverraad, terrorisme, sabotasie, moord, die veroorsaking van ontploffings, die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie en poging tot moord.

Uitspraak in dié verhoor sal volgende jaar gelewer word. 

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
37 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Cele is skuldig aan korrupsie en bedrog maar bly steeds meer as welkom in die ANC.........lyk my die leiers in die ANC het geen integriteit nie. Dis jammer Suid-Afrika word deur sulkes regeer........op watter gronde moet ons onderdanig wees en respek hê. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.