Verdagtes jaag in boom vas

2009-09-09 21:19
Tweets Share Share line Print

Buks Viljoen

Johannesburg- Drie mense, waarvan twee verdagtes is wat skynbaar al lank in Mpumalanga deur die polisie vir hul betrokkenheid by OTM-bomme gesoek is, is in ’n ongeluk naby Nelspruit dood.

Die ongeluk het Dinsdagaand kort na 20:30 op die Plaston-pad tussen Nelspruit en Witrivier gebeur terwyl die voertuig met ses mense daarin vir ’n verkeersman weggejaag het. Twee 9mm-pistole waarvan die reeksnommer afgevyl was asook klapmusse en handskoene is na die ongeluk in die voertuig gekry.

Die vermoede bestaan dat die mense op pad was om ’n misdaad te pleeg, sê kapt. Erhard Ströh, speurtakbevelvoerder op Witrivier.

Die verkeersbeampte van die Mbombelamunisipaliteit in Nelspruit was op pad huistoe toe die Nissan Almera van agter by hom verbyjaag.

Die voertuig het erg roekeloos gery en hy het hulle agternagesit. Die bestuurder van die voortvlugtende motor het in ’n stadium beheer daaroor verloor en teen ’n boom vasgejaag.

Drie van die insittende is opslag dood. Die ander drie is met ernstige beserings in die Thema-hospitaal in Kabokweni buite Witrivier opgeneem.

Hulle word onder polisiebewaking behandel.

–Sapa

Lees meer oor: ongelukke  |  otm-bommers

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Cele is skuldig aan korrupsie en bedrog maar bly steeds meer as welkom in die ANC.........lyk my die leiers in die ANC het geen integriteit nie. Dis jammer Suid-Afrika word deur sulkes regeer........op watter gronde moet ons onderdanig wees en respek hê. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.