Verdagtes in plaasaanval almal vry

2011-07-27 09:00
Tweets Share Share line Print

Hartswater - ’n Bejaarde boer van hier is woedend en moedeloos nadat die laaste verdagte in die wrede plaasaanval op hom en sy vrou vroeg verlede jaar onskuldig bevind en ontslaan is.

Nadat die saak teen nog vyf verdagtes vroeër teruggetrek is, loop die mans wat Charles Engelbrecht (75), toe 74 jaar oud, gruwelik aangerand en sy vrou, Violet (72) (toe 71), gedreig en aan ’n stoel vasgebind het, vry op straat rond.

Johannes Gorewang, van Magogong, is ook nou onskuldig bevind aan die aanval op 10 Januarie verlede jaar op die egpaar se perseel naby Hartswater waarin mnr. Engelbrecht ernstig beseer is.

Twee van die verdagtes het vroeër by Engelbrecht gewerk en een verdagte het by sy buurman gewerk.

Die polisie het vroeër gesê die verdagtes het die aand van die rooftog met die egpaar se Isuzu-bakkie en Volkswagen Golf gevlug.

Die polisie het die egpaar se bakkie op Jan Kempdorp opgespoor. Die Golf is in ’n nabye wingerd gekry.

Die polisie het op die verdagtes se Ford Laser beslag gelê. Dié motor is vermoedelik in die rooftog gebruik.

Die polisie het ook op ’n 9mm-pistool, magasyn en een patroon beslag gelê.

Ses mans is aanvanklik aangekla, maar die saak teen al ses, Victor Mariping (36) van Hartswater, John Assan (25) van Mosambiek, Manapule Mongale (20), William Salome (44), Ishmael Motwani (47) en Gorewang, is teruggetrek.

Aan Volksblad is gesê nadat Agri Noord-Kaap ’n brief aan die polisie gestuur het om die saak te heropen, is ’n nuwe speurder aangestel om die saak te ondersoek.

Gorewang is weer in hegtenis geneem.

Hy is in die loop van die ondersoeke deur ’n private speurder ondervra, maar daar is glo bevind dit is ongrondwetlik om ’n verdagte deurnag te ondervra en Gorewang is volgens Phaladi Suping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, onskuldig bevind.

Mnr. Engelbrecht het Dinsdag gesê hy is “baie kwaad”, maar is nie seker wat hom nou te doen staan nie.

“Die polisie het nie die getuienis na die hof gebring nie. Dit is eintlik ’n lang storie.

“Nou is die verdagtes uit. Ek glo nie hulle gaan weer gevang word nie. Ons dink nou nog wat ons moet doen.”

Intussen het Engelbrecht sy perseel beveilig.

“Jy kan nie roer in die nag nie. Ons het ’n alarmstelsel en ’n elektriese heining.”

Wessel van der Merwe, president van Agri Noord-Kaap, het gesê die saak is nou uit hul hande.

“As ’n mens die emosie uit dit haal en na die koue feite kyk, moet jy jou berus by die besluit van die hof.

“Die uitslag kon heel moontlik anders wees as dit van meet af aan reg ondersoek is.

“Nou is dit net nog ’n plaasaanval waar die skuldiges skotvry daarvan afkom.

“Ons is emosioneel oor enige plaasaanval waar ons landbouprodusente benadeel word.”

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: plaasaanvalle

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Cele is skuldig aan korrupsie en bedrog maar bly steeds meer as welkom in die ANC.........lyk my die leiers in die ANC het geen integriteit nie. Dis jammer Suid-Afrika word deur sulkes regeer........op watter gronde moet ons onderdanig wees en respek hê. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.