Verdagtes in hof ná burgemeester se dood
2010-07-19 16:00
Bloemfontein – Drie verdagtes het Maandag in Wepener in die landdroshof verskyn in verband met die moord op die Naledi-munisipale burgemeester, Motlatsi Motloi.
Die saak teen Caroline Mokhothu (43), Naledi-munisipale beampte, haar man James (34) en ‘n inwoner van Lesotho, Senoe Khaka (29), is uitgestel tot 13 September.
Volgens sers. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sal ‘n datum vir die verhoor dan bekend gemaak word.
Al drie verdagtes sal in aanhouding bly.
Motloi (32) is op 3 Mei voor sy huis in Wepener doodgeskiet.
Binnegevegte tussen raadslede en munisipale beamptes kom reeds sedert 2006 binne die Naledi-munisipaliteit voor.
Khaka is die derde persoon wat in verband met die moord in hegtenis geneem is. ‘n Vuurwapen wat in sy besit gevind is, is vir forensiese toetse gestuur.
Mokhothu en haar man is enkele weke na die moord in hegtenis geneem nadat die polisie ‘n beloning aangebied het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA