Verdagte wil bekentenis maak ná plaasmoord
2011-07-04 10:18
Johannesburg – Een van die mans wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op 'n egpaar op 'n plaas in Heidelberg, sal na verwagting Maandag 'n bekentenis maak.
Twee mans is aangekeer nadat DNS en vingerafdrukke hulle met die misdaadtoneel verbind het.
Die egpaar is Vrydagaand vermoor.
"Die een wat in hegtenis geneem is, het ná kruisondervraging gevoel dat dit nodig is om voor 'n landdros te verskyn om 'n vrywillige bekentenis te maak," het Anton de Bruyn, polisiewoordvoerder, gesê.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter