Verdagte sterf in hospitaal ná skietvoorval
2011-03-29 22:28
Johannesburg - Die polisie het ‘n gesoekte misdadiger by die Madumane-informele nedersetting naby Tzaneen doodgeskiet, het ‘n woordvoerder Dinsdag bekend gemaak.
“Patrick Kobela (23) het Maandag in die Van Velden- provinsiale hospitaal in Tzaneen aan sy beserings beswyk,” het lt. kol. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, gesê.
Hy is Saterdag in ‘n skietvoorval met die polisie gewond nadat hy sy vuurwapen op hulle gerig het.
Volgens Ramatseba het Kobela ‘n speelgoedgeweer in sy besit gehad.
Na bewering was Kobela gesoek op 13 aanklagte van gewapende roof, asook ‘n verskeidenheid ander misdade in die Tzaneen-gebied.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA