Verdagte ondervra ná baba ontvoer is

2010-04-29 11:13
Tweets Share Share line Print

Maygene de Wee, Die Burger

Kaapstad - Die polisie het Woensdag bevestig ’n vrou is Dinsdag net ná 13:00 by die Parktown-stasie in Johannesburg vir ondervraging ingeneem in verband met die ontvoering van ’n baba verlede Vrydag in Mitchells Plain.

Kapt. Rewayne Muller, polisiewoordvoerder in Mitchells Plain, het gesê die vermoede bestaan dat dié vrou die persoon is wat die baba in Mitchells Plain ontvoer het.

Die baba, wat nog nie ’n naam het nie, is Vrydag ontvoer nadat haar ma, Zukiswa Sikuni (31), die vorige dag omstreeks 06:45 aan haar die lewe geskenk het.

Sikuni, van die informele nedersetting Samora Machel, en haar dogter is Donderdag omstreeks 12:00 uit die Mitchells Plain-daghospitaal ontslaan. Sy en haar kind is Vrydag terug na die hospitaal vir ’n opvolgbesoek.

Sy het in die wagkamer langs ’n onbekende vrou gesit wat aangebied het om haar te help om haar baba reg in haar kombers toe te draai.

Ná die besoek was die onbekende vrou steeds in die wagkamer.

Sy het aangebied om die baba te help dra.

Terwyl hulle na die Mitchells Plain-taxistaanplek geloop het, het die vrou R10 uitgehaal en vir Sikuni gevra om vir haar ’n koeldrank by een van die stalletjies te koop.

Toe sy terugkom, was die vrou en die baba skoonveld.

Sikuni het toe die voorval by die Mitchells Plain-polisie aangemeld.

Muller het gesê die ondersoek is sensitief en hy mag geen verdere inligting bekend maak nie.

Hy het wel bevestig dat die vrou en die kind na Kaapstad gebring gaan word.

Daar moet nog ’n uitkenningsparade gehou word en DNS-toetse moet gedoen word om vas te stel of die baba wel Sikuni se kind is.

Lt.genl. Jeremy Vearey, groepspolisiehoof in Mitchells Plain, het gister gesê dit was deeglike speurwerk deur ’n groep toegewyde speurders.

Hy het gesê hy is veral trots op die ondersoekspan na vermiste kinders en op die hulp van die gemeenskap.

Lees meer oor: misdaad  |  ontvoerings  |  polisie

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Cele is skuldig aan korrupsie en bedrog maar bly steeds meer as welkom in die ANC.........lyk my die leiers in die ANC het geen integriteit nie. Dis jammer Suid-Afrika word deur sulkes regeer........op watter gronde moet ons onderdanig wees en respek hê. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.