Verdagte in Lindley-moord glo met wapen gedreig

2011-06-09 07:58
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Dit het gelyk of die bebloede Attie Potgieter (41) van Lindley enige oomblik kon beswyk, het een van sy vermeende moordenaars Woensdag in die Vrystaatse hooggeregshof getuig.

Diphapang Motaung (18), die jongste van die ses beskuldigdes in die moordverhoor ná die dood van die Potgieter-gesin op 1 Desember verlede jaar, het voor regter G.F. Wright getuig toe hy saam met twee van sy medebeskuldigdes in ’n buitekamer by die plaasopstal op Tweefontein ingaan, het hy die bebloede man en vrou met hul dogtertjie op haar skoot gekry.

Telleko Seekoei (19) het hom met ’n vuurwapen gedreig en gesê hy moet Tshokolo Letlala (18) help om Potgieter van die grond af op te tel.

Terwyl hulle dit gedoen het, is Seekoei met Wilna Potgieter (36) en Wilmientjie (2) uit die buitekamer na die huis.

Motaung het getuig toe Seekoei weg is, het hy die kans gevat om weg te hardloop. Toe hy ’n ent weg is, het hy twee skote gehoor en gedagtig aan Seekoei se dreigemente gedink daar word op hom geskiet.

Hy het omgedraai en teruggegaan. By die opstal het hy gesien Seekoei kom uit die huis met ’n vuurwapen en ’n swart drasak. Letlala het met ’n panga in sy hand uit die buitekamer gekom.

By een van hul ander medebeskuldigdes, Vusi Khumalo, se huis op Tweefontein het Seekoei vir Motaung R500 en vir Khumalo en Stemmer Mofokeng elk R1 500 gegee.

Die R500 wat hy gekry het, was om nie te praat nie. Motaung het getuig hy was nie deel van enige sameswering om die Potgieters aan te val nie.

As daar van mnr. Potgieter se bloed op sy baadjie en skoen was, het dit daarop gekom toe hy mnr. Potgieter probeer optel het. Hy het stellings van adv. Oupa Makhene, vir Khumalo, ontken dat hy op die plaas was om die Potgieters aan te val soos beplan is.

In kruisondervraging deur adv. Pieter Nel, vir Letlala en Seekoei, het hy getuig die buitekamer se deur het oopgestaan toe hy daar aangekom het. Potgieter was beseer en sy vrou se kop het gebloei. Dit het gelyk asof haar hande en voete vasgebind was. Seekoei het haar met ’n pistool in die huis ingedwing.

In kruisondervraging van adv. Jannie Botha, vir die staat, het hy getuig hy het nie die ander twee gevra wat aangaan toe hy die beseerde mense sien nie.

Botha: “Die rede hoekom u nie gevra het nie, is omdat u presies geweet het wat aangaan.”

Botha het dit aan hom gestel dat ’n mens met ’n stok kan aanvoel dat hy lieg. Hy het gesê terwyl Letlala en Seekoei mnr. Potgieter aangeval het, was Motaung waarskynlik saam met mev. Potgieter en Wilmientjie in die buitekamer. “Julle het mnr. Potgieter doodgemartel.”

Seekoei het Woensdag ook ontken dat hy van die aanval op die Potgieters bewus was, of dat hy daaraan deelgeneem het. Hy het ontken dat die klere waarop bloed van mnr. Potgieter gekry is, aan hom behoort, of dat hy dit aangehad het. Hy het ook ontken dat die tekkie, waarvan ’n spoor op die werf op Tweefontein gekry is, aan hom behoort.

Botha het hom na foto’s van die vermoordes laat kyk en gesê: “Dit is u handewerk daardie.”

Seekoei het dit ontken. Hy het gesê hy weet nie wie mev. Potgieter en haar dogtertjie doodgeskiet het nie.

Botha: “Alle aanduidings is dat u dit gedoen het.” Seekoei: “Ek het dit nie gedoen nie.”

Die getuienis voor uitspraak is Woensdag afgehandel en die verhoor is tot Maandag uitgestel wanneer die regsverteenwoordigers van die staat en die beskuldigdes hul betoë oor uitspraak sal begin.

Die ander beskuldigde is laas Mofokeng (33), wat deur adv. Lawrence Tshabalala verteenwoordig word. Leona Smit tree vir Motaung op. Speurder-ao. Danie Bierman van die eenheid teen georganiseerde misdaad op Phuthaditjhaba is die ondersoekbeampte.

- Volksblad

Lees meer oor: lindley  |  moord

Lewer kommentaar op hierdie artikel
26 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Cele is skuldig aan korrupsie en bedrog maar bly steeds meer as welkom in die ANC.........lyk my die leiers in die ANC het geen integriteit nie. Dis jammer Suid-Afrika word deur sulkes regeer........op watter gronde moet ons onderdanig wees en respek hê. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.