Verdagte in Franschhoek-moord gou bekend
2010-07-17 07:00
Stellenbosch. Die naam van die man wat Donderdag in verband met die moord op Chanel du Toit (28) van Franschhoek in hegtenis geneem is, is nog nie bekend gemaak nie.
’n Man in sy twintigs is agt dae nadat Du Toit se lyk in haar huis op die Dieu Donné-wynlandgoed buite Franschhoek gevind is, vasgetrek.
Die polisie kan nie die naam van die verdagte bekend maak voordat hy Maandag in die landdroshof verskyn nie.
Die verdagte, ’n inwoner van Franschhoek wat die slagoffer baie goed geken het, sal in aanhouding in die polisieselle bly tot sy hofverskyning.
Du Toit, oorspronklik van Pretoria, is verwurg. Haar man, Johan (26), het haar die laaste keer die oggend van die moord gesien voor hy glo op ’n jagtog vertrek het.
Sy ma, Ronelle Kitshoff-Du Toit, het sowat ses uur ná sy vertrek op haar skoondogter afgekom. Sy het ondersoek gaan instel nadat haar seun onraad vermoed het toe sy telefoonoproepe nie beantwoord is nie.
’n Skuifdeur was nie gesluit nie en die verdagte het moontlik só toegang tot die huis gekry. In die voorlopige ondersoek is bevind slegs die oorledene se trouringe en ’n selfoon is gesteel.
Volg Nuus24 op
Twitter
- Die Burger