Verdagte grondtransaksies ondersoek
2011-12-19 13:02
Kaapstad – Die Openbare Beskermer (OB) ondersoek verdagte grondtransaksies met die regering in Limpopo waardeur ’n sakeman en hooggeplaaste ANC-politici glo ’n groot klomp geld gemaak het.
Landbouweekblad het vroeër vanjaar daaroor berig. Drie dele van die plaas Doornkraal is na bewering deur die sakeman, David Mabilu, van die munisipaliteit Polokwane teen onderskeidelik R420 000 (21,4 ha), net meer as R20 000 (2,2 ha) en R5 miljoen (27,6 ha) gekoop.
Hy het dit na bewering teen onderskeidelik R4 miljoen, R10 miljoen en R27,5 miljoen herverkoop aan die maatskappy Thubelisha Homes, wat deur drie ANC-politici besit word.
Lees verder.
– Landbouweekblad