Verdagte doodgeskiet met eie vuurwapen
2010-02-01 19:29
Johannesburg – ‘n Vermeende inbreker is glo met sy eie vuurwapen in Meyerspark doodgeskiet, het die polisie in Pretoria Maandag gesê.
Volgens kapt. Jan Shawane Sepato, polisiewoordvoerder, het twee verdagtes ‘n 38-jarige huiseienaar Saterdag glo aangeval en vasgebind terwyl hulle sy huis geplunder het.
Die huiseienaar kon daarin slaag om te ontsnap. Hy het glo een van die verdagtes se vuurwapen gegryp en die man in die bolyf geskiet. Die beweerde inbreker het op die toneel gesterf.
Die huiseienaar is na die hospitaal geneem.
– Sapa