Verdagte bagasie op Zuma-vlug

2010-06-15 06:17
Tweets Share Share line Print

Erika Gibson, Beeld

Pretoria - Bagasie sonder ’n baas het onlangs op pres. Jacob Zuma se oorsese reis na Frankryk en Indië op sy vliegtuig beland.

Na verneem word, was die vliegtuig reeds met die vertrek uit Frankryk swaar met bagasie gelaai.

Toe die vrag in Indië egter vóór sy vertrek terug Suid-Afrika toe gelaai word, was dit heeltemal te swaar.

Daar was glo ook vrae oor van die bagasie wat in die vliegtuig agtergebly het terwyl Zuma en sy geselskap met húl bagasie in Indië vort is.

Die kaptein van die Inkwazi Boeing-besigheidstraler, die lug­magvliegtuig wat vir amptelike reise deur Zuma gebruik word, het glo versoek dat die passasiers hul bagasie moet ­eien.

Daar het toe ’n paar tasse sonder baas agtergebly. By nadere ondersoek het dit geblyk dat dit glo van Zuma se lyfwagte of die veiligheidspan se bagasie was.

Dit is nie bekend hoekom dit op Zuma se vliegtuig gelaai is terwyl dié wagte kommersieel vlieg en dusdaarop geregtig is om hul bagasie saam met hulle te neem nie.

Veiligheidskommer het ontstaan omdat niemand aanvanklik geweet het wat in die tasse is of hoe dit op die vliegtuig beland het nie.

Ingeligtes het gemeen dit kan maklik gebeur dat onwettige of onveilige goed só “gesmokkel” word om ongesiens na Suid-Afrika geneem te word.

Zuma se vliegtuig word nie aan die gewone doeane-inspeksies by die Waterkloof-lugmagbasis onderwerp nie en wat ook al in die bagasie is, kom in goeder trou as wettige bagasie in die land aan.

Die departement van verdediging het die afgelope week grootliks geswyg oor die voorval, terwyl ingeligtes gesê het die lugmagbemanning het reg opgetree deur die bagasie van die vliegtuig af te haal.

Siphiwe Dlamini, hoofwoordvoerder van die departement, het gesê hy het nog “niks ampteliks” oor die voorval gehoor nie.

’n Uitgebreide ondersoek tussen die presidensie en die lugmag is op pad om die probleem, wat glo al in die verlede ook opgeduik het, uit te stryk.

David Maynier, die DA se woordvoerder oor verdediging, het gesê die voorval kan as ’n ernstige veiligheidsheidsbreuk in die beskerming van Zuma beskou word.

- Beeld

Lees meer oor: jacob zuma  |  sekuriteit

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Cele is skuldig aan korrupsie en bedrog maar bly steeds meer as welkom in die ANC.........lyk my die leiers in die ANC het geen integriteit nie. Dis jammer Suid-Afrika word deur sulkes regeer........op watter gronde moet ons onderdanig wees en respek hê. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.