Verbod op perlemoen opgehef

2009-12-07 07:24
Tweets Share Share line Print

Rajaa Azzakani

Hermanus - Pres. Jacob Zuma het gister sy belofte aan die vissersgemeenskap hier gestand gedoen toe die regering die verbod op perlemoenduik “voorwaardelik” opgehef het.

Dit beteken egter nie dat vissers onmiddellik perlemoen mag duik nie, maar bloot dat oorlegpleging hieroor geopen word.

Volgens die algehele verbod, wat begin verlede jaar teen stropery ingestel is, is die regering verbied om selfs in konsultasie met dié gemeenskap te tree.

Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, het terselfdertyd gesê sy sal in die eerste week van Februarie aanstaande jaar kwotas vir die totale toelaatbare vangs bekend maak.

Sy het gewaarsku dat stropery onmiddellik stopgesit moet word.

“Die verbod werk nie. Stropery is buite beheer. Hoe vinniger julle ophou stroop, hoe groter sal die kwota wees wat ek kan toestaan.”

Die ministeries van polisie, justisie, intelligensie en arbeid sal ’n geïntegreerde plan teen stropery saamstel.

Sestig veterane van Umkhonto we Sizwe (MK) en Apla is opgelei om met die bestryding van stropery langs die kus te help.

Membathisi Mdladlana, minister van arbeid en hoof van die provinsiale ANC-taakspan, dr. Franklin Sonn, tussentydse provinsiale ANC-onderleier, sakeman en oud-ambassadeur, en Tony Ehrenreich, provinsiale sekretaris van Cosatu, was ook teenwoordig by die vergadering in Zwelihle, Hermanus.

Zuma het bykans twee maande gelede dié gemeenskappe van Hawston, Hermanus, Arniston, Struisbaai, Gansbaai en die Weskus besoek om na hul klagtes te luister. Hy het terugvoering binne ’n maand belowe.

Hy het gister gesê die land se hulpbronne moet tot voordeel van al die mense strek.

“Almal mag miskien nie dieselfde hoeveelheid kry nie, maar dit is belangrik dat almal iets kry,” het Zuma gesê, waarop hy luid toegejuig is deur die skare van sowat 300 mense in die Zwelihle-gemeenskapsaal.

Die president het verder gesê dat Joemat-Pettersson na die belange van bestaansvissers sal omsien, nadat daar vroeër verwarring hieroor was.

Dié meevaller het nie almal se goedkeuring weggedra nie. Mnr. Naseegh Jaffer van die nie-regeringsorganisasie Masifundise, wat vir bestaansvissers se regte baklei, voel die regering raak net ’n klein deel van die groter probleem aan.

“Daar word niks gesê oor die regte van vissers wat ’n bestaan maak uit lynvis en kreef nie. Perlemoenvissers maak net ’n klein deel uit van die groter bedryf.”

Met verwysing na die R308 miljoen in die alternatiewe bestaansregfonds, het Joemat-Pettersson gesê R6,8 miljoen is reeds aan dié gemeenskap uitbetaal.

“Ons sal na die bakkieboys, die duikers en die wetlike entiteite gaan en die uitstaande bedrag sal voor Kersfees aan julle uitbetaal word.”

Die regering het ’n verdere R30 miljoen beskikbaar gestel vir die mariene en akwakultuurnavorsingsentrum vir die Overberg. Hulle wil ’n akwakultuurplaas en staatskwekery in Hawston begin. “Dit sal werk vir ons mense verskaf en die grondkwessie oplos.”

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: jacob zuma  |  perlemoen

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Cele is skuldig aan korrupsie en bedrog maar bly steeds meer as welkom in die ANC.........lyk my die leiers in die ANC het geen integriteit nie. Dis jammer Suid-Afrika word deur sulkes regeer........op watter gronde moet ons onderdanig wees en respek hê. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.