‘Verbod op Skiet die Boere is nie afdwingbaar’

2010-03-31 06:52
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die hofuitspraak wat bepaal die omstrede frase “dubulu ibhunu” (“Skiet die Boere”) is onwettig en ongrondwetlik, is “onafdwingbaar en onuitvoerbaar”, het die ANC Dinsdag gesê.

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het op ’n nuuskonferensie hier aangevoer die hofsaak is “só gereël om ’n sekere uitspraak te kry”.

Hy hoop nie daar is ’n poging aan die gang om Julius Malema, ANC-jeugleier, te teiken nie, het hy gesê.

“Dít ten spyte van die irritasie wat hy dalk by ons kan veroorsaak.”

Waarnemende regter Leon Halgryn het verlede week in die Suid-Gautengse hooggeregshof bevind dit is onwettig en ongrondwetlik om die frase te sê of te publiseer.

Willem Harmse, ’n sakeman van Delmas, het aansoek gedoen om ’n interdik om te verhoed dat sy kollega, Mohammed Vawda, die woorde op plakkate gebruik tydens ’n beplande optog teen misdaad.

Albei mans behoort aan die organisasie die Kantoor vir die Beskerming van die Grondwet.

Mantashe het gesê die ANC vind dit “vreemd” dat die twee mans van dieselfde organisasie is.

“Hulle is hof toe met ’n voorafbeplande uitspraak in gedagte en het dit net daar gaan formaliseer.”

Volgens hom het Harmse nie die “konteks” van die lied in ag geneem nie. “Boonop is die frase nie net in een struggle-lied nie, maar talle. ’n Mens kan nie dit alles ophou sing nie.”

Die ANC gaan teen die uitspraak appelleer. Mantashe het gesê politici moet Malema nie teiken nie.

Die regerende party gaan hom daarom tot die gelykheidshof wend in ’n poging om te bewys die VF+ se “Stop Malema”-veldtog en die gepaardgaande “Vervolg Malema”-plakkate is haatspraak.

Volgens Mantashe is die ANC ook bekommerd oor die PAC- jeugliga se uitsprake dat Malema in óf ’n hospitaal óf ’n lykshuis gevind sal word.

“Nie net is dit haatspraak nie, maar ’n openbare verklaring van die bedoeling om te moor.”

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: julius malema  |  haatspraak

Lewer kommentaar op hierdie artikel
53 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Cele is skuldig aan korrupsie en bedrog maar bly steeds meer as welkom in die ANC.........lyk my die leiers in die ANC het geen integriteit nie. Dis jammer Suid-Afrika word deur sulkes regeer........op watter gronde moet ons onderdanig wees en respek hê. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.