Verblyf in luukse-oord vir WB net ’n droom

2010-04-26 07:24
Tweets Share Share line Print

Marietjie Gericke, Volksblad

Bloemfontein - Luukse-Verblyf in die Philip Sanders-oord buite Bloemfontein wat vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi reeds vir meer as R100 miljoen opgeknap is, het nou nét ’n droom geword.

Dié oord staan steeds toegegroei deur bossies en vullis nadat meer as R100 miljoen bestee is om daarvan vyfster-verblyf vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi te maak.

Van die kontrakteurs/konsultante wat verlede jaar van die terrein weg is omdat hulle nie betaal is nie, sê dat hulle steeds op hul geld wag.

Dié toernooi is nou minder as 50 dae weg, maar drie maande se werk is nog oor om die projek te voltooi, verneem Volksblad betroubaar. Om personeel weer op die terrein te kry sal minstens twee weke neem nadat hulle betaal is.

Geen werknemer is egter weer op die terrein bespeur om die projek te voltooi nie, hoewel die Vrystaatse regering beloof het die projek gaan nog betyds vir die toernooi voltooi word. Die nuwe geldjaar vir die provinsie het reeds aangebreek.

Volksblad verneem sowat R30?miljoen se werk is nog oor. “Om die projek te voltooi voor die toernooi, is nou net ’n droom wat nie meer haalbaar is nie,” sê betroubare ingeligtes.

Van die kontrakteurs/konsulante kla steeds teenoor Volksblad dat hulle nog nie betaal is nie, nadat die projek se geld in verlede jaar opgeraak het en die opknappingswerk tydelik gestaak moes word.

Roy Jankielsohn, leier van die DA in die Vrystaat, sê dit is kommerwekkkend dat met minder as 50 dae oor voor die toernooi, daar nog geen verandering is wat betref die werk aan die oord nie.

Daar is ook bewerings dat items by die oord voete kry en dat kontrakteurs steeds nie betaal is nie.

Die departement van ekonomiese ontwikkeling, toerisme- en omgewingsake se beloftes om die oord voor die sokkertoernooi te voltooi, het nog geen vrugte afgewerp nie.

Jankielsohn sê: “Die Mangaung-munisipaliteit het aangedui dat hy ’n tekort het aan verblyf vir die sokkertoernooi en die provinsiale regering het die geleentheid verbeur om die oord op groot skaal te bemark nadat R150 miljoen se verbeterings aangebring is.”

Miriam Mochologi, adjunk-direkteur: kommunikasiedienste van die departement ekonomiese ontwikkeling, toerisme- en omgewingsake, sê altesaam R3 miljoen is op 31 Maart vanjaar aan kontrakteurs uitbetaal. Hulle is besig om die uitstaande balans te verwerk om dit te kan betaal.

Sy sê net die watertoevoer moet nog voltooi word voordat gaste hier kan bly. Dit sal nie drie maande neem om te voltooi nie. Die ander kleiner werk kan volgens haar later voltooi word. Verder sê Mochologi die departement van ekonomiese ontwikkeling, toerisme- en omgewingsake en die departement van openbare werke en landelike ontwikkeling oorweeg nou die voorstelle van diensverskaffers oor hoe om die oord te bestuur. Geen besluit is nog hieroor geneem nie.

Lees meer oor: 2010

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Jaque Herman sê... Ag shame!!! LoL 'Traumatized'?? LoL What you give,you'll receive. Whites are tired of black arrogance and black parasites. Incidents like this will only increase. Blacks hate whites and blame whites for everything, yet when we return the favour they cry and are 'traumatized'. LoL Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior C++/ Java Developer - Pricing and Risk – R400 per hour

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R768000

Operational Risk Analyst

Johannesburg, South Africa
Communicate Bruma Finance Human Capital
Market Related

Portfolio Manager

Bloemfontein, South Africa
Hutech International Group
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 129,837.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2010
R 99,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.