Verbied breking, vra Karoo-aksiegroep
2011-04-05 19:00
Johannesburg - Die aksiegroep Treasure the Karoo het die regering vandag amptelik versoek om ’n verbod te plaas op alle planne om skaliegas met behulp van hidrouliese breking in Suid-Afrika te soek.
In sy geskrewe beswaar teen die aansoek van die Shell Exploration Company om met behulp van die omstrede tegnologie hidrouliese breking (“fracking”) na aardgas in die Karoo te soek, doen die aksiegroep onder leiding van Jonathan Deal, 'n beroep op die owerhede om onmiddellik 'n verbod te plaas op alle planne van Shell of enige ander onderneming om sulke eksplorasie te onderneem.
As alternatief vra die aksiegroep dat 'n langtermyn-moratorium geplaas word op hidrouliese breking tot tyd en wyl ál die risiko’s en moontlike gevolge, veral in die geval van waterbronne en openbare gesondheid, in 'n internasionale en nasionale verband deeglik ondersoek is.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Landbouweekblad
- Landbouweekblad