Veldbrande woed in Wes-Kaap
2012-01-19 14:01
Johannesburg – Brandbestryders in die Suid-Kaap het Donderdag geswoeg om ‘n veldbrand langs ‘n 20 km brandlyn onder beheer te kry, het Working on Fire (Wof) gesê.
“Hierdie brand is in die fynbos en is buite beheer,” het woordvoerder Leanne McKrill gesê.
Helikopters het Donderdag gewag vir mis om te lig sodat hulle kan help met die brandbestryding.
‘n Brand in Swellendam woed al vir agt dae en Wof het spanne van ander dele van die provinsie laat kom om sy brandbestryders af te los, het McKrill gesê.
Kleiner veldbrande is oor die provinsie aangemeld. Die provinsie beleef tans die piek van sy jaarlikse veldbrand-seisoen.
Sterk winde, warm weer en min reën maak die somermaande in die Wes-Kaap geneig om maklik wegholveldbrande en bosbrande te ervaar.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA