Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Veldbrande in VS eis reeds een lewe

2011-08-25 09:00
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Verwoestende veldbrande wat in die Vrystaat woed, het reeds een lewe geëis, talle mense beseer, duisende stuks vee doodgebrand en honderdduisende hektaar weiveld in meer as tien distrikte vernietig.

Tientalle dorpe se plaasgebiede het erg deurgeloop en boere het vertel “van alle hel wat losgebars het”.

Maryke Swart berig op Steynsrus het altesaam 11 000 ha weiveld, ses pakhuise, ’n onbewoonde huis, 300 bale voer, 24 beeste en sowat nog 1 000 hektaar grond van nuwelingboere in die slag gebly.

In die Vredefort-omgewing, waar ’n gesin van Welkom te voet vir die vlamme moes vlug toe hul motor se bande weens die hitte begin smelt het, is sowat 200 000 ha weiveld afgebrand.

Op Bultfontein is twee seuntjies in hegtenis geneem wat glo as deel van ’n bende van nege op twee geleenthede brande by die dorp gestig het.

’n Ma en dogter wat van Welkom na die Vaaldriehoek onderweg was, is erg deur brande buite Vredefort beseer.

Hulle is albei in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein.

Christian Claassens (67) en haar dogter, Carina (41), word in die hoësorgeenheid van die brandwondeenheid behandel.

Prof. Sampie Smit van dié hospitaal het Woensdag aan Volksblad gesê hulle het baie seergekry met elk tussen 45% en 50% brandwonde en skade aan hul longe en stembande weens rookinaseming.

Claassens se kleinseun, Adriaan (6), word in die pediatriese afdeling van die hospitaal vir minder ernstige beserings behandel.

Claassens se seun, Nico Claassens van Polokwane, sê volgens inligting is sy ma, suster en Adriaan se sig moontlik deur ’n rookwolk versper.

Hulle het vermoedelik omgedraai, maar is oorval. Die motor se bande het begin smelt en hulle het uitgeklim en van die vlamme probeer weghardloop.

Claassens se ander dogter, Wilna Coetzer, het hulle Woensdag in die hospitaal besoek. Sy sê hulle het veelvuldige brandwonde opgedoen, haar suster kan nie praat nie en hulle is erg geswel.

Geelbooi Nkhi van die plaas Welgerust van Johan Chambers, is saam met hulle in die hospitaal opgeneem, maar is Dinsdagaand daar dood.

Hy is deur die vlamme oorval toe hy saam met die spanne die brand buite Vredefort probeer blus het.

At Venter van die brandbestrydingsafdeling op Bultfontein sê hulle het die afgelope week sewe groot brande in die distrik geblus. Dinsdag het spanne met meer as 40 bakkies van Bultfontein, Soutpan, Brandfort en Theunissen teen ’n brand geveg wat oor ’n afstand van 12 km by 2 km gewoed het.

Die brand is begin toe iemand op ’n plaas in die sterk wind van meer as 60 km/h met ’n hoekslyper gewerk en die vonke die veld aan die brand gesteek het.

Vrystaat Landbou en Rampbestuur in die Noord-Vrystaat kon gister nog nie ’n finale beraming van die skade gee nie.

Talle karkasse van verbrande diere is op onder meer die plaas van Pik Schultz by Vredefort gekry.

Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings (NDBV) het ook Woensdag ingegryp waar diere in die Vrystaat en Noordwes deur die uitgebreide veldbrande vasgekeer en beseer is.

Kaydene Jordaan berig meer as 90 000 ha weiding het vandeesmaand in veldbrande afgebrand. Dit is aansienlik minder as verlede jaar (474 180 ha).

Jan van Rensburg (38), voorman op ’n plaas by Vryburg, is Dinsdag in die Mediclinic Bloemfontein met ernstige brandwonde opgeneem.

Van Rensburg het 55% derdegraadse wonde in die veldbrande opgedoen. Hy is in ’n kritieke, maar stabiele toestand in die hoësorg-eenheid.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: veldbrande
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel Cronje sê... Een van die groot redes hoekom daar nie vordering gemaak kan word op die ou vastelandjie nie. Agtergeblewenes hou hulle besig met beuselagtighede omdat meeste nog aan 'n minderwaardigheidskompleks ly. Om dieselfde rede vergryp regerings amptenare hulself omdat hulle niks gewoond is nie en nie die vermoe het om uit daai groef te kom nie. Die wat wel uit daai groef gekom het, lag saam met ons oor sulke simpelgeit Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Friday Roodepoort - 19:59 PM
    Road name: Ontdekkers Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Ruhama Drive
  • Friday Randburg - 19:58 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Boundary Road
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Project Estimator

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Qualified CA

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering

Assistant Director

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R750000 - R1000000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.