Veldbrand woed in Boland
2012-01-29 21:56
Johannesburg – Twee strukture is verwoes deur ‘n veldbrand wat buite beheer woed in die Slanghoek-vallei naby Worcester in die Boland, het SABC Nuus Sondag berig.
Sommige plaaseienaars is besig om uit hul huise te vlug soos die brand, wat deur sterk winde aangewakker word, hul eiendomme nader, het die uitsaaier berig.
Die brand woed reeds sedert Saterdagaand.
Vyftien brandweerwaens, 150 grondpersoneellede en drie helikopters is ontplooi om die vlamme te bestry. Die Bainskloof-bergpas tussen Wellington en Ceres is gesluit weens swak sigbaarheid.
Minimale skade is aan wingerde in die distrik aangerig. Geen beserings is nog aangemeld nie.
Die oorsaak van die brand is onduidelik.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA