Veldbrand saai verwoesting

2011-09-01 09:11
Tweets Share Share line Print

Kimberley – ’n Veldbrand buite die stad, wat vermoedelik deur kwaaddoeners begin is, het sowat 5000 ha weiveld op plase en in die Dronfield-natuurreservaat vernietig.

Dié brand, wat by die Riverton-stasie sowat 25 km buite Kimberley begin het, is deur ’n sterk wind deur die lang, droë gras gedryf. Dit het vinnig na vyf plase langs die N12 versprei.

Kobie Jonker van die plaas Jonkershoek sê hulle kon hul rooi brahmane net betyds na veiligheid bring.

Sowat 650 ha van die 800 ha weiveld op Jonkershoek is vernietig. “As dit nie vinnig reën nie, gaan dinge vererger.”

Jonker sê verskeie mense, selfs onbekendes, het op die plaas opgedaag en gehelp om teen die vlamme te veg.

Charles Hall, bestuurder van De Beers se Dronfield-natuurreservaat, het gesê dit is te vroeg om te sê wat die skade in die reservaat is.

“Sover het ons gelukkig nog nie op enige dooie diere afgekom nie. So ’n brand is altyd gevaarlik vir ons omdat ons baie eksotiese diere het. Die wind het die brand vinnig aangejaag en dit was moeilik om by te bly.”

Die brand is sowat 21:30 onder beheer gekry, maar het twee uur daarna weer begin.

Volgens Jeremy Bezuidenhoudt, voorsitter van die Kimberley-Noord-boerevereniging, het boere en mense met sowat 100 bakkies van 12:00 tot 22:00 gespook om die brand te blus.

“Ons vermoed dit is brandstigting. Ooggetuies het gesien hoe twee mense in ’n wit bakkie die plek verlaat waar die brand begin het. Toe hulle weg is, was vlamme sigbaar. Ons weet egter nie wie die mense is nie.”

Hy sê die meeste van die boere wie se weiveld in die slag gebly het, is ongelukkig nie lede van die boerevereniging nie. Vyf plase het deurgeloop.

“Ons het dié mense al telkemale gevra om deel te wees. Ons het hulle ook laas gesê ons gaan nie meer hulle brande blus nie, maar wat kan ons doen? Ons is mense en kan nie sit en kyk hoe die veld afbrand nie.”

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: veldbrande  |  plase  |  brande

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Cele is skuldig aan korrupsie en bedrog maar bly steeds meer as welkom in die ANC.........lyk my die leiers in die ANC het geen integriteit nie. Dis jammer Suid-Afrika word deur sulkes regeer........op watter gronde moet ons onderdanig wees en respek hê. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.