Veiligheid in staatshospitale onder skoot

2011-02-23 08:52
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Die swak veiligheid vir personeel in Vrystaatse staatshospitale het Dinsdag op die provinsiale verplegingsberaad in Bloemfontein onder skoot gekom.

Hierop is van die provinsiale gesondheidshoof verneem dat hospitaalveiligheid reeds met gevorderde toerusting opgeskerp word.

“Daar is nie voldoende veiligheidspersoneel om hospitaalpersoneel te beskerm nie, veral saans,” het Motselisi Mabandla, voorsitter van die verpleegsterbestuurdersforum in die provinsie en hoof van verpleegkunde van die Universitas-hospitaal in Bloemfontein, gesê.

Ter reaksie het dr. Sipho Kabane, Vrystaatse gesondheidshoof, gesê ’n besluit is geneem om veiligheid in provinsiale gesondheidsfasiliteite op te skerp deur onder meer van toestelle soos alarms en kameras en meer veiligheidsdienste gebruik te maak.

Daar is al hiermee begin.

Kabane sê dit is nie net die departement se verantwoordelikheid om mense se veiligheid te verseker nie, want misdaad is ’n nasionale uitdaging.

Mabandla was een van die sprekers op die beraad wat deur die Vrystaatse LUR vir gesondheid, Fezi Ngubentombi, en Kabane bygewoon is.

Mabandla sê verpleegsters in staatshospitale en -klinieke het soms nie die nodige hulpbronne om hul werk te doen nie en word dikwels met die pligte van onder meer sekretaresses en portiere belas.

Volgens haar bestaan ’n tekort aan hulpbronne soos toerusting en instrumente.

Sy sê sekretaresses en portiere word nie as kritieke betrekkings beskou nie.

Gevolglik moet verpleegsters dié pligte uitvoer en word hulle van hul eie werk weerhou.

Mabandla het ook gekap na agentskapverpleegsters wat volgens haar nie toegewyd is nie.

Sy sê hulle sal byvoorbeeld vir nagskof opdaag en besef dit is nie maklik om in ’n spesifieke saal te werk nie. Die volgende aand daag hulle dan eenvoudig nie vir werk op nie.

“Wanneer konflik tussen haar (’n agentskapverpleegster) en ander verpleegsters of die suster bestaan, kan eersgenoemde haar sak vat en wegloop.”

Mabandla sê onetiese gedrag, soos om voor pasiënte te stry, is ’n algmene probleem onder verpleegsters.

Sy sê baie verpleegsters is weens die geweldige werklading uitgebrand.

Mabandla het agterná aan Volksblad gesê die opleiding van nuwe verpleegsters is bitter belangrik, want baie van die ouer geslag gaan binnekort aftree. “Ons het jong bloed nodig.”

Sy en haar kollegas soek egter nie mense wat net verpleegkunde studeer omdat hulle nie universiteitsvrystelling gekry het nie, maar passievolle voornemende verpleegsters.

“Ons soek mense wat lief is vir die verplegingsberoep.”

Wat die opleiding van verpleegsters betref, bestaan daar volgens haar ook uitdagings.

Mabandla sê sommige spesialiskursusse vir verpleegsters word nie in die provinsie aangebied nie.

Verder kry voornemende verpleegsters by die kolleges onderrig met ou toerusting, maar by hospitale is tegnologies gevorderde instrumente.

Volgens Mabandla moet verpleegsters nuwe en ou toerusting, wat dikwels op die platteland voorkom, kan gebruik.

Ngubentombi sê die doel van die beraad is onder meer om maatstawwe en strategieë te vestig om uitdagings te pak.

Volgens haar kry diegene wat direk deur probleme geraak word, geleentheid om hul menings te lug.

Dié beraad wat tot vandag duur, is ook ter voorbereiding vir die nasionale beraad wat vroeg in April in Pretoria plaasvind.

- Volksblad

Lees meer oor: hospitale

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Cele is skuldig aan korrupsie en bedrog maar bly steeds meer as welkom in die ANC.........lyk my die leiers in die ANC het geen integriteit nie. Dis jammer Suid-Afrika word deur sulkes regeer........op watter gronde moet ons onderdanig wees en respek hê. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.