Veghond val meisie aan
2011-10-18 21:05
Johannesburg – ‘n Sesjarige meisie het Dinsdag ernstige kopbeserings opgedoen toe sy deur ‘n Amerikaanse veghond aangeval is by haar huis in Kempton Park, oos van Johannesburg, het paramedici gesê.
“Die meisie is in ‘n ernstige toestand nadat sy erge beserings aan haar kop en linkeroor opgedoen het. Sy is op die toneel gestabiliseer en na die Tembisa-hospitaal geneem,” het Derrick Banks, woordvoerder van ER24, gesê.
Volgens Banks is dit onduidelik wie se hond dit is of hoe dit in die erf gekom het.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA