Veertig beseer in busongeluk
2011-12-04 22:58
Johannesburg – Ongeveer 40 mense is beseer toe die bus waarin hulle gereis het Sondagaand naby Durban omgeslaan het, het paramedici gesê.
Toe paramedici op die toneel gearriveer het, het passasiers buite die bus oor ‘n groot gebied versprei gelê, het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê.
Die meeste van die passasiers het minder ernstige tot ligte beserings opgedoen, het hy gesê.
Volgens André Visser, woordvoerder van ER24, het twee mans ernstige kop- en borsbeserings opgedoen en is een per helikopter na ‘n hospitaal vervoer.
Sewe mense het rug- en nekbeserings opgedoen.
Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na verskeie hospitale geneem.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA