Veertien sterf Oukersaand op paaie
2012-12-25 15:00
Johannesburg – Veertien mense, waaronder 'n drie weke oue baba, is Maandagaand in botsings regoor die
land dood.
Al die ongelukke het tussen 20:00 Maandagaand en 06:00 Dinsdagoggend plaasgevind.
Die baba het gesterf toe ‘n motor by Camperdown, op die
N3 tussen Pietermaritzburg en Durban gerol het.
Twee mense is dood in ‘n ongeluk tussen Welkom en Virginia in die
Vrystaat. Drie mense is beseer. Die ongeluk is deur die reën veroorsaak.
Drie mense is in ‘n ongeluk in Bethlehem dood, het Netcare911 berig.
‘n Voetganger het in Navalsig, Bloemfontein, gesterf en drie mense is
buite Paul Roux in die Vrystaat in ‘n trompop-botsing dood.
Twee mense is dood en drie beseer in ‘n ongeluk in Parow in die
Wes-Kaap.
Twee mense is dood en een beseer in ‘n ongeluk op die N12 naby
Witbank in Mpumalanga.
'n Woordvoerder vir ER24-nooddienste, Vanessa Jackson, het gesê die
dodetal is veral skokkend omdat paramedici Maandag na minder voorvalle
uitgeroep is as wat daar verwag was.
Volg
Nuus24 op Twitter.
- SAPA