Veelwywery-toespraak 'was nie oor Zuma'
2010-09-13 14:11
Kaapstad – Die ANC-jeugliga het gesê dat hulle president, Julius Malema, nie na pres. Jacob Zuma verwys het in ‘n televisie-toespraak oor verskeie verhouding-maats nie, berig Times Live.
“Die ANCYL wil dit op rekord plaas dat pres. Julius Malema nooit enige verwysing na die staatspresident gemaak het nie en dat hy nooit persoonlike sake van die ANC in die openbaar sal bespreek nie,” het woordvoerder Floyd Shivanbu in ‘n verklaring gesê.
“Die ANCYL het nie ‘n probleem met die ANC nie en sal nooit skaam wees om oor probleme te praat, sou daar enige probleme wees nie.”
Lees meer by Times Live
Volg Nuus24 op Twitter