Veearts vas vir onwettige wapens
2011-04-30 17:03
Johannesburg - 'n 65-jarige veearts en 'n 40-jarige man is Saterdag op 'n plaas in Mookgophong in hegtenis geneem in verband met die besit van tien ongelisensieërde vuurwapens, het die polisie in Limpopo gesê.
Die twee is in 'n plaashuis in hegtenis geneem ná die polisie 'n wenk oor die vuurwapens ontvang het, het lt.kol. Mohale Ramatseba gesê.
Nege jaggewere en 'n pistool, tesame met ammunisie is na bewering by die veearts se huis gevind.
Volgens Ramatseba is die tien vuurwapens vir ballistiese toetse gestuur om te bepaal of dit in enige misdaad gebruik is.
Die verdagtes sal Dinsdag in die Naboomspruit-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van ongelisensieërde vuurwapens en ammunisie."
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA