Vavi waarsku oor 'president Zille-nagmerrie'
2011-04-06 13:50
Johannesburg – Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, het gewaarsku dat die DA beheer kan neem van Nelson Mandelabaai in die Oos-Kaap, berig Business Day.
"Jy mag dalk 'n baie vernederende situasie kry. Nelson Mandelabaai onder die leierskap van die Demokratiese Alliansie," het Vavi gesê.
"As ons nie versigtig is nie, en ons toelaat dat mense ons beweging neem in die rigting waarin hulle beweeg, sal ons binnekort iemand president Zille moet noem – wat 'n absolute nagmerrie sal wees," het Vavi gesê.
Hy het gesê die ANC is "deurtrek met korrupsie en geldgierigheid".
Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, weier om kommentaar te lewer op Vavi se stelling.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA