Vavi verdien R500 000 per jaar
2010-11-04 13:00
Johannesburg – Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, verdien R500 000 per jaar, het hy Donderdag bekendgemaak.
Volgens Vavi kom dié bedrag slegs uit ledegeld van Cosatu-lede.
Vavi het dié inligting by ‘n byeenkoms in Sandton, wat deur The Daily Maverick georganiseer is, bekendgemaak.
“Nie ‘n enkele sent daarvan kom van enige ander bron nie,” het Vavi gesê.
Vavi het in die verlede mense veroordeel wat ‘n fortuin deur politieke bande en korrupsie maak.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA