Vavi kap ANC oor ‘leiers met vuil hande’

2011-01-22 11:00
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Stellenbosch - Cosatu het Vrydag (gister) in kwalik bedekte klappe na die ANC in die Wes-Kaap gevra vir ’n algehele ommekeer in leierskap hier.

Die stryd om die provinsiale leierskap tussen ou lede van die vorige ANC leierskorps het reeds mense rondom individue verdeel.

Zwelenzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, het gesê die vakverbond gaan nie vir die ANC hier vrye spel gee nie.

Vavi was die gasspreker tydens die bekendstelling van die South African Students Congress (Sasco) se Reg om te Leer-veldtog by die Universiteit Stellenbosch.

Hy het onder die luide gejuig van ’n saal vol studente van Maties, die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie, die Universiteit van die Wes-Kaap en die Universiteit van Kaapstad gesê: “Foute is gemaak en dit is tyd om dit reg te stel. Ons wil vordering sien, verandering, en ’n algehele ommekeer in leierskap.”

Vavi het gesê die Wes-Kaap het die hoop vir Suid-Afrika en nierassigheid verteenwoordig, maar nou is die werkersklas verdeel.

“Kom ons bou ’n nuwe ANC in die Wes-Kaap wat beter in staat sal wees om die mense in die provinsie te verenig.

“Ons wil verandering hê en ’n einde aan die vernedering van ons mense wat hul nood in oop toilette moet verlig. Maar die verandering gaan nie gebeur met leiers wie se hande vuil is nie.”

Volgens hom is dit dié tipe leierskap wat die ANC gebring het tot by die punt waar hy nou in die Wes-Kaap is.

Hy het gesê indien daar nie uit die foute van die verlede geleer word nie, sal die jong mense aan die DA afgestaan word.

Volgens hom moet daar gewaak word daarteen dat mense hier gewoond raak aan DA-beheer.

Hy het hom ook by Sasco se beroep om gratis onderrig geskaar en die onderdrukking van swart studente in die hoër onderwysstrukture veroordeel.

Vavi het gesê swart studente moet nie minderwaardig voel nie.

“Hulle gee vir julle D’s sodat julle nie verder vorder met jul studies nie en ander vorder onregverdigbare A’s in. Daarmee probeer hulle om julle jul vertroue in jul intellek te laat verloor.”

Vavi het gesê die toekoms van Suid-Afrika hang af van die veldtog vir gratis onderrig.

- Die Burger

Lees meer oor: zwelinzima vavi  |  cosatu  |  anc

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Cele is skuldig aan korrupsie en bedrog maar bly steeds meer as welkom in die ANC.........lyk my die leiers in die ANC het geen integriteit nie. Dis jammer Suid-Afrika word deur sulkes regeer........op watter gronde moet ons onderdanig wees en respek hê. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.