Vasgebinde lyk gevind
2010-08-12 14:51
Johannesburg – Die vasgebinde lyk van ‘n 20-jarige vrou is in ‘n hut in Doornkop gevind, het die polisie in Gauteng Donderdag bekend gemaak.
Volgens ao. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, is die vrou se lyk Woensdag in die hut gevind. Haar arms en bene is met haar klere vasgebind en haar kop in plastieksakke toegedraai.
“Daar is ook ‘n ongebruikte kondoom langs haar lyk gevind,” het Makhubela gesê.
Die polisie is op soek na ‘n man aan wie die hut behoort. Hy sal hopelik meer inligting aan die polisie kan verskaf.
Geen vroue is as vermis in die area aangemeld nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA