Vark eet weggooibaba
2011-08-02 20:02
Johannesburg – Die polisie het die oorskot van ‘n weggooibaba wat deur ‘n vark geëet is langs die
oewer van ‘n rivier in Taung, Noordwes, gevind.
“Volgens die eienaar van die vark het hy
gesien die dier eet iets en dat daar bloed om sy bek is,” het Lesego Metsi, 'n polisiebeampte, gesê.
“By nadere ondersoek het hy gesien dit was 'n baba. ‘n Klein
linkerarm, die dy en ‘n halwe skedel het oorgebly.”
Die polisie soek tans die ma van die kind.
Sy sal heel moontlik daarvan aangekla word dat
sy die dood van haar kind vir die owerhede weggesteek het.
Metsi het bygevoeg dat dit nie duidelik
is of die baba lewend of dood was voor die ma haar kind langs die rivier
gelos het nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA