Vanwaar Malema se miljoene?
2010-02-19 09:44
Kaapstad – Julius Malema, die president van die ANC-jeugliga, besit twee multi-miljoen rand huise, spoggerige motors en ‘n horlosie van R250 000, maar hy verdien slegs R20 000 ‘n maand, het ‘n koerantberig gelui.
In die berig in The Star, Malema’s millions, word daar beweer dat Malema ‘n R3,6 miljoen huis in Sandown besit, sowel as ‘n R1 miljoen huis in Polokwane. Beide is glo kontant gekoop.
Malema het baie ontsteld geraak toe The Star vroeër die week gevra het hoe hy dit kan bekostig om ‘n huis van R3,6 miljoen kontant te koop.
“Jy en jou man en jou familie – dis oor wie jy moet skryf. Gaan weg, gaan net weg,” het hy gesê voordat hy die foon neergegooi het.
Lees die volle berig by Times Live