Vandalisme op Kaapse treine kos miljoene
2012-01-27 14:00
Kaapstad – Metrorail in die Wes-Kaap sê vandalisme aan eiendom en infrastruktuur het die maatskappy meer as R23 miljoen gekos.
Lindelo Matya, streekbestuurder van die maatskappy, sê 120 voorvalle van vandalisme is sedert November aangeteken toe veiligheidswagte van privaat maatskappye begin staak het, het RSG berig.
Dié wagte wil hê Metrorail moet hulle in diens neem.
Matya sê vier aanlegte, vyf treinwaens, meer as 110 sinjale sowel as talle kabels is beskadig en meer as 29 spoorlyne is buite werking.
Volgens hom het dit Metrorail se diens in veral die Khayelitsha-en die Mitchell's Plaingebied lamgelê.
Volg Nuus24 op Twitter