Van VF+ tot ANC bring hulde aan Boshoff

2011-03-17 07:50
Tweets Share Share line Print

Kimberley - Van die VF+ tot die ANC in die Noord-Kaap en landwyd het die dood Woensdag van prof. Carel Boshoff, stigterleier van Orania, diep betreur.

Die partye was dit eens dat Boshoff se grootste nalatenskap sy visie, bydrae tot die demokratiese bestel van Suid-Afrika en sy liefde vir Suid-Afrika se gemeenskappe is.

’n Hartseer dr. Pieter Mulder, VF+-leier en adjunkminister van landbou, bosbou en visserye, sê Boshoff word onthou as ’n Afrikaner-denker, kultuurman, skrywer en teoloog.

“As stigter van Orania het hy Afrikaners uitgedaag om met opbouende oplossings te kom om hul toekoms in Afrika te verseker.

“Hy was ’n sendeling in Soweto, en het groot persoonlike opofferings gemaak vir die Afrikaner. Sy opregtheid as wyse leier is deur alle bevolkingsgroepe bewonder.

“Pres. Zuma het Boshoff verlede jaar op Orania besoek en sy waardering uitgespreek vir sy bydrae tot die nuwe bedeling, ondernemingsgees en suksesvolle projekte op Orania,” het Mulder gesê.

Brian Sokutu, nasionale ANC-woordvoerder, het gesê die ANC onthou Boshoff om sy bydrae tot die heropbou van die land. “Ons onthou hom veral om sy gesprekke met die ANC en met pres. Jacob Zuma in Orania.

Zamani Saul, provinsiale sekretaris van die ANC sê pres. Zuma, wat Orania in September 2010 besoek het, het groot bewondering en respek gehad vir die suksesvolle en volhoubare projekte onder Boshoff se leierskap.

“Die president het ons gevra om daar te gaan leer. Die vermoë van die gemeenskap om sulke suksesvolle selfonderhoubare landbou- en ander projekte in isolasie te skep, is ongelooflik.

“Ons en die president was net so beïndruk met hul skoolstelsel, wat van die beste ter wêreld is.”

Allan Grootboom, Noord-Kaapse voorsitter van die DA, sê Boshoff het geveg vir die regte van minderheidsgroepe, en was nie bang om die ANC aan te vat nie.

Jan Bosman, hoofsekretaris, het gesê die Afrikanerbond bring hulde aan iemand wat in sy termyn as voorsitter die saak van die Afrikaner gedien het. Boshoff was ’n voormalige voorsitter van die Afrikaner-Broederbond.

Pakes Dikgetsi van Cope in Noord-Kaap, sê Boshoff se dood is ’n groot verlies vir die land. “Hy was ’n dinamiese man met visie, ’n soort vaderfiguur en leier vir Suid-Afrikaners.

“Boshoff het ’n groot bydrae gemaak tot die demokratiese bestel. Hy het in swart gemeenskappe gewerk en kon SePedi praat in die donker dae van apartheid.

“Gedurende die oorgangstyd het hy ’n daadwerklike rol gespeel in die vorming van ’n eenheidregering en veral in die Noord-Kaap.

“Ons gaan sy opbouende, insiggewende en visionêre leierskap mis. Hy het ’n baie waardevolle bydrae gelewer tot die opheffing tot menswaardigheid, iets wat ons nooit sal vergeet nie.”

Die ANC-Jeugliga het ook sy medelye uitgespreek. “Ons is jammer dat hy dood is voordat hy ’n nie-rassige Suid-Afrika heeltemal kon beleef en aanvaar. Ons was met hom in gesprek in 2009 waarin hy die demokratiese regering onder die ANC erken het, maar gesê het dat hy steeds sy tradisies en kultuur afsonderlik wil uitleef.

“Boshoff, wat anders as ander regse groepe, altyd bereid was om met andersdenkendes te praat, kon sy argument versigtig en oortuigend voer.

“Ons betreur sy dood omdat hy nie-rassigheid werklik kon verstaan. Mag hy in vrede rus,” sê Floyd Shivambu van die jeugliga.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof, sê AfriForum sal Boshoff onthou vir sy diep spore in die Afrikaner-kultuurgemeenskap.

“Die deursettingsvermoë en toewyding waarmee Oom Carel sy ideale nagestreef het, is ’n voorbeeld vir elkeen van ons,” het Kriel gesê.

Chris Liebenberg, voormalige Noord-Kaapse DA-leier, sê hy gaan sy “ou bankmaat mis”. Hulle was lede van die eerste Noord-Kaapse wetgewer en het langs mekaar gesit en saam pret gehad.

“Ná die 1994-verkiesing het Boshoff ’n enorme bydrae gelewer in die Noord-Kaapse regering.

“Hy het ’n fyn sin vir humor gehad en ’n vrede saam met hom gedra. Tog het hy ’n ysere wil gehad en geweet waarheen hy op pad is, veral met die volkstaat.

“Ons onthou sy positiewe bydrae tot die nuwe Suid-Afrika.” 

- Volksblad

Lees meer oor: carel boshoff  |  orania  |  sterftes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Stephan sê... "Die Congress of South African Trade Unions (Cosatu) is gekant teen die huidige voorgestelde jeugloonsubsidie. Dit is omdat "onpatriotiese" Suid-Afrikaanse werkgewers die subsidie gaan gebruik om "hulle eie sakke vol te stop", het hy gesê. " Die gehuil om die subsidie gaan daaroor dat elke jong mens wat werk kry nie noodwendig aan hulle geld hoef oor te betaal nie. Cosato se smerige hande word uit die kasrigerster gehou. Geen wonder hulle is so bang nie. Indien ouer mense afgedank word, droog hulle inkomste op. Dis so deursigtig. Tyd dat die smerige spul in die bek geruk word. Sosato dink hulle regeer die land. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.