Van Pta na Jozi binne 38 minute!

2011-08-02 09:09
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die Gautrein tussen Pretoria en Johannesburg se wiele begin vandag rol ná weke van bespiegeling en onderhandelinge tussen die rolspelers.

Motoriste op die N1-hoofweg tussen dié twee stede is al daaraan gewoond om die trein teen 160 km/h by hulle te sien verbyry. Van vandag af gaan treine in spitstyd elke 12 minute verbyskiet.

Die eerste trein is geskeduleer om 05:26 van die Hatfield-stasie in Pretoria na die Rosebank-stasie in Johannesburg te vertrek.

S’bu Ndebele, minister van vervoer, Nomvula Mokonyane, Gautengse premier, en Ismail Vadi, Gautengse LUR vir vervoer, sal die roete amptelik van stapel stuur en van die eerste ritte meemaak.

Die rit duur 38 minute.

Errol Braithwaite, woordvoerder van die Bombela-konsessiemaatskappy wat die Gautrein bou en bedryf, het gesê hulle verwag ’n stormloop van mense wat al maande wag om op die Gautrein te ry, al is dit net ’n kort roete. “Ons het sedert verlede Vrydag duisende Gautrein-kaartjies verkoop. Mense kan eenvoudig nie wag om die Gautrein te ervaar nie,” het Braithwaite gesê.

Daar het Maandag groot opgewondenheid by die Gautrein-stasies geheers.

Annetjie Meyer, wat saam met tientalle ander mense by die Hatfield-stasie tougestaan het vir haar goue kaart, het gesê die stemming was oorweldigend. “Die personeel is almal so vriendelik en hulpvaardig.”

Jack van der Merwe, uitvoerende hoof van die Gautrein-bestuursagentskap, het vroeër gesê ’n geraamde 108 000 mense sal daagliks van die diens gebruik maak. “Ons sal eers ná ’n paar maande weet wat die werklike syfers is en hoeveel mense hoe ver ry. Daar is tien stasies op die lyn en nie al die passasiers gaan van die Hatfield-stasie na die Sandton-stasie ry nie.”

In spitstyd sal daar vyf treine per uur in elke rigting wees. Buite spitstyd sal daar elke 20 minute ’n trein wees en twee treine per uur oor naweke en openbare vakansiedae.

Die lyn tussen die Rosebank- en die Park-stasie sal eers binne die volgende paar maande oopgestel word terwyl ingenieurs die syferwaterprobleem in die treintonnel herstel.

Die begin van die Gautrein-ritte tussen Johannesburg en Pretoria is vertraag nadat gevind is die grondwatertafel tussen die Rosebank- en die Park-stasie is hoër as wat aanvanklik gereken is.

Ndebele het die oopstelling van die lyn tussen Johannesburg en Pretoria verwelkom.



Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: gautrein

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Stephan sê... "Die Congress of South African Trade Unions (Cosatu) is gekant teen die huidige voorgestelde jeugloonsubsidie. Dit is omdat "onpatriotiese" Suid-Afrikaanse werkgewers die subsidie gaan gebruik om "hulle eie sakke vol te stop", het hy gesê. " Die gehuil om die subsidie gaan daaroor dat elke jong mens wat werk kry nie noodwendig aan hulle geld hoef oor te betaal nie. Cosato se smerige hande word uit die kasrigerster gehou. Geen wonder hulle is so bang nie. Indien ouer mense afgedank word, droog hulle inkomste op. Dis so deursigtig. Tyd dat die smerige spul in die bek geruk word. Sosato dink hulle regeer die land. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.