Van Mandela tot...Malema

2009-08-27 06:58
Tweets Share Share line Print

Londen. – Oudpres. Nelson Mandela het sport gebruik om Suid-Afrikaners te versoen, nou gebruik die ANC dit om rassisme aan te blaas.

Dit was gister die kommentaar in die Britse media oor van die uitsprake uit ANC-geledere – in besonder dié van Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga – sedert die herrie rondom die geslag van die atleet Caster Semenya uitgebreek het.

“Lank voordat Semenya weggespring het in daardie ongelooflike 800m-wedloop, is haar saak reeds deur linksgesinde elemente binne die ANC gekaap wat dit as ’n geskenk uit die hemel beskou het om ’n paar teen-wit vlamme te stook,” het die Independent geskryf.

“Haar saak was volmaak vir Malema, wat volgehou het versoeke dat sy getoets word, word uitsluitlik gedoen omdat sy swart is en daar is ’n ontstellende mate van ondersteuning vir hom (Malema) binne die ANC. Mandela op sy beurt het sport gebruik om die rassetydbom te ontlont toe hy in die Springbok-kaptein Francois Pienaar se trui verskyn het.

“Die goue medalje wat Semenya in die 800m vir vroue gewen het en die goue een wat deur die (100% manlike) Mbualeni Mulaudzi verower is, moes ’n wonderlike sportweek vir Suid-Afrika gewees het. Pleks daarvan het die week ’n rilling afgestuur teen die rug van die diegene wat gehoop het die dae van blatante rassisme is verby.”

Die Guardian het berig dat Semenya “verveeld en ongemaklik” gelyk het terwyl politici rondom haar eergister die media gekritiseer en bewerings van seksisme en rassisme gemaak het.

“Malema wou weet waar is die wit Suid-Afrikaners om haar te verwelkom.”

Die blad het in sy kommentaarstuk uitgewys dat Suid-Afrika lankal op soek is na ’n swart sportheldin.

Daar is gister wyd berig oor die ontvangs wat Semenya eergister saam met haar mede-atlete gekry het by hul terugkoms, sowel as pres. Jacob Zuma se besware oor die hantering van Semenya se saak deur internasionale sportowerhede.

- Beeld

 

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Stephan sê... "Die Congress of South African Trade Unions (Cosatu) is gekant teen die huidige voorgestelde jeugloonsubsidie. Dit is omdat "onpatriotiese" Suid-Afrikaanse werkgewers die subsidie gaan gebruik om "hulle eie sakke vol te stop", het hy gesê. " Die gehuil om die subsidie gaan daaroor dat elke jong mens wat werk kry nie noodwendig aan hulle geld hoef oor te betaal nie. Cosato se smerige hande word uit die kasrigerster gehou. Geen wonder hulle is so bang nie. Indien ouer mense afgedank word, droog hulle inkomste op. Dis so deursigtig. Tyd dat die smerige spul in die bek geruk word. Sosato dink hulle regeer die land. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.