Vals aanklagte 'n probleem, sê polisie
2011-12-30 11:47
Johannesburg – Die polisie in die Noordwes het oor die Kersnaweek
meer as 20 vals aanklagte hanteer, het ‘n woordvoerder gesê.
Brig. Thulani Ngubane sê dat aanklagte van
dié aard hul vermoë om aandag aan werklike misdade te skenk, belemmer.
“Selfs die kleinste vertraging kan ‘n reuse-impak op die polisie se diens maak.”
Die meeste vals aanklagte wat aanhangig gemaak word hou verband met verkragtings of huisbrake.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA