Valke vang mees gesoekte rower
2010-06-24 23:01
Johannesburg – Die polisie in Pretoria het
Donderdag hul mees gesoekte transito en besigheidsrower opgeraap.
Hy het twee maande gelede daarin geslaag om
die polisie te ontduik, maar “sy geluk het opgeraak,” het ‘n woordvoerder vir
die Valke, Musa Zondi, gesê.
Die man is op ‘n vorige geleentheid skuldig
bevind op verskeie aanklagte, insluitende ‘n transitoroof in 2006 in Mabopane,
‘n besigheidsroof in Akasia in 2000, en ‘n poging tot moord in Phokeng in 2004.
Pretoria police arrested a man they say is
their most wanted cash heist and business robbery suspect during a raid on
Thursday.
Hy sal na verwagting eersdaags in die hof verskyn.
Volg
Nuus24 op Twitter.
- SAPA