Valke trek oud-polisiebeampte vas
2011-08-15 19:21
Johannesburg – ‘n Man is doodgeskiet en ‘n oud-polisiebeampte is in hegtenis geneem in verband met OTM-bomaanvalle in Gauteng, het die Valke Maandag gesê.
Volgens McIntosh Polela, woordvoerder, het die polisie die vermeende OTM-bomaanvaller oor die naweek doodgeskiet.
Die voormalige polisiebeampte is in Cosmo City in die noorde van Johannesburg vasgetrek. Die polisie het ‘n vuurwapen en motor wat vir die misdade gebruik is, in sy besit gevind.
Die polisie het Maandagoggend in Hlabisa, KwaZulu-Natal, twee AK-47-aanvalsgewere, ‘n sub-masjiengeweer en ‘n motor gevind.
Hulle het ook toebehore vir tuisgemaakte bomme en plofstof gevind.
Die mans was na bewering lede van ‘n bende wat in Gauteng, Mpumalanga en KwaZulu-Natal aktief was.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA