Valke slaan toe op Auction Alliance-eiendomme
2012-08-07 17:26
Johannesburg – Die Valke het op 13 eiendomme in Suid-Afrika toegeslaan as deel van hul ondersoek na Auction Alliance se bedrogskandaal, het Eyewitness News Dindag berig.
Die operasie is gesamentlik deur die polisie, die spesiale ondersoekeenheid, die nasionale vervolgingsowerheid, die inkomstediens (SAID) en die nasionale tesourier uitgevoer.
Vroeër die jaar is Auction Aliance daarvan beskuldig dat dit vals bieërs betaal het om pryse op te jaag tydens veilings.
Die veilinghuis se uitvoerende hoof, Rael Levitt, is afgedink oor sy aandeel in die bedrogskandaal.
'n Woordvoerder vir die Valke, McIntosh Polela, het gesê die teen-korrupsie span het 13 eiendomme, wat met Auction Alliance verbind word, deursoek.
“Daar is vyf persele in die Wes-Kaap, vyf in Gauteng, een in Bloemfontein, een in KwaZulu-Natal en een in Port Elizabeth."
Polela het gesê die doel van Dinsdag se operasie was nie om enige arrestasies te maak nie.
Lees die volledige artikel hier.
Volg Nuus24 op Twitter.
– Eyewitness News