Valke sal oor Malema-ondersoek besluit

2011-07-26 19:53
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die Valke het ‘n dossier van die saak teen Julius Malema, president van die ANC-Jeugliga, ontvang, het McIntosh Polela, woordvoerder, Dinsdag gesê.

“’n Dossier van ‘n saak teen mnr. Malema het by die Valke se kantore aangekom van die Brooklyn-polisiekantoor af,” het hy gesê.

Volgens Polela is die dossier aan die hoof van die eenheid teen kommersiële misdade oorhandig.

“Daardie persoon bestudeer die dossier en ons sal ‘n besluit maak oor of ons ‘n ondersoek sal loods of nie,” het hy gesê.

Afriforum het ‘n klag van korrupsie teen Malema ingedien by die Brooklyn-polisiekantoor in Pretoria nadat daar in City Press en Rapport berig is hy het ‘n geheime trustfonds waarin sakemanne na bewering deposito’s inbetaal.

Die klag is ingedien in terme van die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede (wetnr. 12 van 2004), het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, vroeër in ‘n verklaring gesê.

Die ANCYL het Maandag geantwoord op die berigte en gesê “Die ANCYL-president is oop en gereed vir ondersoeke deur die SARS (Suid-Afrikaanse Inkomstediens) en enige ander wetstoepassers”.

Die leierskap van die liga het gesê die trust is geen geheim nie en word vir welwillendheidsdoeleindes gebruik.

Luidens die berig is Malema die enigste trustee van dié geheime trust.

- Volg Nuus24 op Twitter
 

- SAPA

Lees meer oor: julius malema

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Stephan sê... "Die Congress of South African Trade Unions (Cosatu) is gekant teen die huidige voorgestelde jeugloonsubsidie. Dit is omdat "onpatriotiese" Suid-Afrikaanse werkgewers die subsidie gaan gebruik om "hulle eie sakke vol te stop", het hy gesê. " Die gehuil om die subsidie gaan daaroor dat elke jong mens wat werk kry nie noodwendig aan hulle geld hoef oor te betaal nie. Cosato se smerige hande word uit die kasrigerster gehou. Geen wonder hulle is so bang nie. Indien ouer mense afgedank word, droog hulle inkomste op. Dis so deursigtig. Tyd dat die smerige spul in die bek geruk word. Sosato dink hulle regeer die land. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.