Valke ondersoek half miljard rand wapentransaksie
2010-09-09 01:45
Kaapstad – Speurders het ‘n ondersoek geloods in ‘n wapentransaksie van naastenby ‘n half miljard rand wat ‘n moontlike bedrogspul is, het Anwar Dramar, hoof van die Valke, Woensdag gesê.
Dramat en Menzi Simelane, die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het LP’s ingelig van die huidige ondersoeke.
Dramat het aan LP’s gesê dat ‘n ondersoek geloods is in ‘n moontlike korrupsiesaak wat verband hou met transaksies van miljarde rande met British Aerospace en die German Frigate Consortium.
Hy het bygevoeg dat dit tot vyf jaar kan neem vir die ondersoeke om voltooi te word.
Lees meer by Eyewitness News
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA