Valke ondersoek Mail & Guardian
2011-11-23 10:03
Pretoria – Mac Maharaj, presidensiële woordvoerder, se kriminele aanklagte teen die Mail & Guardian sal deur die Valke ondersoek word, het die polisie gesê.
Lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die saak teen die koerant, wat hy die Park View-polisiekantoor ingedien is, na die Valke verwys is.
Lt.genl. Anwar Dramat, hoof van dié ondersoekeenheid, het besluit dié eenheid moet die polisie-ondersoek na hoe die Mail & Guardian die rekords oor NVG-ondersoeke bekom het.
Maharaj het die polisie gevra om ondersoek in te stel na die moontlike diefstal van dié.
Dít kom nadat die NVG ontken het dat hulle reg gestaan het om Mail & Guardian en sy joernaliste te vervolg vir die besit van dokumente wat met ’n seksie 28-ondersoek na Maharaj te make het.
Die seksie 28-ondersoek berus daarop dat getuienis wat Maharaj, voormalige minister van vervoer, in ’n destydse Skerpioene-ondersoek gelewer het, geheim moes bly. Hy is ondervra as deel van ’n korrupsie-ondersoek.
Nic Dawes, redakteur van die Mail & Guardian. het gesê hy wonder hoekom die Valke die saak ondersoek omdat dié eenheid veronderstel is om ernstige misdade en korrupsie te ondersoek.
Kol. McIntosh Polela, woordvoerder van die Valke, het gesê Dramat het besluit om die saak oor te neem.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA