Valke neem beslag op miljoene ná klopjag in Kuruman
2011-11-23 23:08
Kaapstad – Die Valke het tydens ‘n klopjag op ‘n edelgesteentes-sindikaat
in Kuruman beslag gelê op R15 miljoen in gesteelde goedere.
Kaptein Tony Modise sê die sindikaat is vanuit
vier myne, waar edelgesteentes uitgehaal word, in die Kuruman-area bedryf.
Die Valke hou die sindikaat sedert Augustus
2009 dop.
Van die
wat in hegtenis geneem is, was drie polisiebeamptes terwyl die res almal
werknemers by die myne was.
Die polisie het beslag gelê op edelgesteentes,
koper kabels en plofstof.
Vier mans wat by die sindikaat betrokke is,
word nog gesoek, het Modise gesê.
Die 29 wat in hegtenis geneem is sal Vrydag in
die Kuruman-landroshof verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA