Valke-kaptein in hof vir korrupsie

2011-12-12 23:06
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ‘n Polisiekaptein verbonde aan die Valke sal in aanhouding bly ná haar eerste verskyning in die Kaapse distrikshof Maandag, nadat sy na bewering ongelisensieerde ammunisie verkoop het terwyl sy met stresverlof was.

Esmerald Bailey (43) het voor landdros Eric Louw verskyn. Louw het gelas sy moet vir ‘n week in aanhouding bly terwyl die polisie haar agtergrond ondersoek.

Bailey, bekend vir haar ondersoek wat daartoe gelei het dat Dina Rodrigues lewenslange tronkstraf opgelê is vir die moord op baba Jordan Leigh Norton in Junie 2005, is Vrydag in hegtenis geneem.

Sy het saam met haar medebeskuldigde, Waleed Hendricks (25), verskyn. Albei sal weer op 19 Desember verskyn, wanneer hulle na verwagting ‘n gesamentlike borgtogaansoek sal indien.

Volgens die Valke is ‘n operasie goedgekeur ná vermoed is dat Bailey betrokke was by die onwettige verkoop van polisie-uniforms en ammunisie.

In die verloop van die ondersoek het Hendricks na bewering ‘n klandestiene polisiebeampte in ‘n parkeergebied van ‘n klein hoeveelheid ammunisie voorsien, in ruil vir R4 000.

Hendricks is in hegtenis geneem nadat hy die geld aanvaar het. Hy het die ondersoekspan na Bailey se huis by die Palm Springs-woonstelblok in Brooklyn geneem.

In dié woonstel het die polisie op nog onwettige polisie-ammunisie afgekom, asook vermiste forensiese sakke waarin bewysstukke en dokumente van verskeie sake was.

Bailey is reeds drie jaar met stresverlof.

- Volg Nuus24 op Twitter
 

- SAPA

Lees meer oor: korrupsie  |  valke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Stephan sê... "Die Congress of South African Trade Unions (Cosatu) is gekant teen die huidige voorgestelde jeugloonsubsidie. Dit is omdat "onpatriotiese" Suid-Afrikaanse werkgewers die subsidie gaan gebruik om "hulle eie sakke vol te stop", het hy gesê. " Die gehuil om die subsidie gaan daaroor dat elke jong mens wat werk kry nie noodwendig aan hulle geld hoef oor te betaal nie. Cosato se smerige hande word uit die kasrigerster gehou. Geen wonder hulle is so bang nie. Indien ouer mense afgedank word, droog hulle inkomste op. Dis so deursigtig. Tyd dat die smerige spul in die bek geruk word. Sosato dink hulle regeer die land. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.