Valke lê beslag op R10m se vals sigarette
2011-01-23 21:33
Johannesburg - ‘n Vragmotorbestuurder is Sondag in hegtenis geneem nadat daar bevind is dat hy glo R10 miljoen se vals sigarette die land in gebring het, het die Valke gesê.
Die sigarette is op ‘n 34 ton-vragmotor naby die Zimbabwiese grens gevind, het Mcintosh Polela, woordvoerder, gesê.
Die vragmotor was van Zimbabwe na Johannesburg onderweg.
Die bestuurder sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA