Valke bekyk sluipmoord

2011-11-14 06:52
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Die polisie se elite-ondersoekeenheid, die Valke, is betrokke by die ondersoek na Chanelle Henning (26) se sluipmoordenaars.

Beeld
het verneem “dit is net ’n kwessie van tyd” voordat dié twee mans agter tralies is.

’n Bron na aan die ondersoek het gesê die polisie het “goeie inligting” wat hulle opvolg en “ons gaan hulle binne die volgende week of twee vastrek”.

Die polisie het Saterdag twee identikits uitgereik van twee mans wat Henning vermoedelik Dinsdagoggend voor haar seun, Benjamin (5), se kleuterskool in Faerie Glen, in die ooste van Pretoria, doodgeskiet het.

Ao. Annabelle Middleton, polisiewoordvoerder, het gesê verskeie mense wat die mans vóór Henning se moord gesien het, het eergister bymekaar gekom om saam identikits van die moordenaars op te stel. Dié mans is reeds Maandag voor die Morning Star Montessori, waar Benjamin skoolgaan, opgemerk.

Henning het ook Maandag by haar ouers, Ivan Saincic en sy vrou, Sharon, gekla dat sy agtervolg word.

Die motorfietsryers is Dinsdag sowat 40 minute voordat Henning geskiet is ook voor die skool gesien waar hulle haar vermoedelik ingewag het.

Toe Henning by die skool wegtrek, het hulle aan haar bestuurskant verbygery en haar deur haar ruit geskiet.

Haar motor het sowat 350 m van die skool tot stilstand gekom waar sy dood is.

Middleton het gesê die een verdagte het ’n snor, is tussen 35 en 40 jaar oud, sowat 1,7 m lank, is maer en het ’n ligte vel. Die ander verdagte het nie ’n snor nie, is tussen 50 en 55 jaar oud, sowat 1,86 m lank, het ’n ligte vel met baie plooie en is middelmatig gebou met ’n boepens. Albei is wit.

Hulle het op ’n motorfiets gery wat soortgelyk aan ’n Kawasaki Ninja of Honda-motorfiets is. Die motorfiets was swart of donkergrys.

Die twee mans het leer-motorfietsklere gedra wat al oud lyk, asof dit baie gedra is.

’n Roudiens word vanmiddag vir Henning in Hartbeespoort gehou.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: chanelle henning  |  misdaad  |  moorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
31 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Stephan sê... "Die Congress of South African Trade Unions (Cosatu) is gekant teen die huidige voorgestelde jeugloonsubsidie. Dit is omdat "onpatriotiese" Suid-Afrikaanse werkgewers die subsidie gaan gebruik om "hulle eie sakke vol te stop", het hy gesê. " Die gehuil om die subsidie gaan daaroor dat elke jong mens wat werk kry nie noodwendig aan hulle geld hoef oor te betaal nie. Cosato se smerige hande word uit die kasrigerster gehou. Geen wonder hulle is so bang nie. Indien ouer mense afgedank word, droog hulle inkomste op. Dis so deursigtig. Tyd dat die smerige spul in die bek geruk word. Sosato dink hulle regeer die land. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.