Valke-beampte op borgtog vrygelaat
2011-12-21 20:30
Kaapstad – 'n Kaptein van die Valke wat van korrupsie beskuldig word is Woensdag in die Kaapse landdroshof borgtog van R10 000 toegestaan.
Esmerald Bailey en haar medebeskuldigde, Waleed Hendricks, het Woensdag in die hof verskyn. Hulle is twee weke gelede in hegtenis geneem.
Bailey en Hendricks word daarvan beskuldig dat hulle polisie-uniforms en ongelisensieerde ammunisie aan die publiek verkoop het.
Die staat het eers gevra dat borgtog op R15 000 gestel moet word, maar die regsverteenwoordigers het aangevoer dat die bedrag te veel is.
Bailey se dogter sal 'n staatsgetuie wees in haar ma se korrupsieverhoor.
William Booth, Bailey se regsverteenwoordiger, het gesê sy kliënt is siek en is al vir die afgelope drie jaar met stresverlof.
Die saak word in Maart aanstaande jaar hervat.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter